Artikels

Ons Erfenis - STOP 1 Die Ou Heidelberg Stasie

Geskryf deur Bouwer Wiersma Prokureurs

stasie 1Die Ou Heidelberg Stasie, Kunswerk in eie RegDie naaste wat Heidelberg aan ‘n kunswerk soos die Mona Lisa sal kom, is hierdie imposante ou stasiegebou wat na alle waarskynlikheid deur NZASM (“Nederlandsche Zuid Afrikaanse Spoorweg Maatschappij”) se argitek V von Lissa ontwerp is.  Die hoeksteen is deur hul seksie-ingenieur, Mnr H Westenburg, op 24 September 1894 gelê.  Dit is gebou in die Eklektiese ZA Wilhelmiens boustyl in sandsteenblokke met kenmerkende trap- en klokgewels.  Die prag daarvan laat ons byna vergeet dat dit ons eerste stop op die Heidelberg “struggle” roete is.

Die ligging was die eerste stryd.  Daar was meningsverskille waar dit gebou moes word, binne of buite die dorp.  Die uiteindelike ligging moes aanpassing van spoorlyn ontwerp meebring wat ‘n wye Kaapse draai deur Heidelberg sou teweegbring.  Groter belastingsvoordele vir stadsvaders en ‘n langer trajek wat die ou Wet van Transvaal behoorlik sou laat geld.  Dit is dan geen wonder dat een van die kontrakteurs, die Schuitmaker Broers, in geldelike verknorsing beland het voordat aflewering gedoen is nie.

President Paul Kruger het dit amptelik geopen op 10 Oktober 1895.  Hierdie spoorlyn moes vrye handel tussen Johannesburg en Durban aanmoedig vir die ZAR (Zuid-Afrikaanche Republiek).  NZASM as konsessie-houer, was ook daarna wetlik verplig om die ZAR regering in die Anglo-Boereoorlog by te staan.  Hulle moes troepe aanry, krygsgevangenes vervoer en moes

Lees verder: Ons Erfenis - STOP 1 Die Ou Heidelberg Stasie

Heidelberg se Helde - Tant Mary (Maraitjie) Krugel

Geskryf deur Van Zyl Schultz

TantmarykrugelTant Mary Krugel staan hier met die bord wat vir baie jare haar parkeerplek by die Kerk in Balfour aangekondig het4 Januarie 1943, word Mary Pretorius op Brakpan gebore.  Haar pa is ’n myner wat sy hele lewe ondergronds gewerk het en haar ma is ’n huisvrou.  Op skool reeds het klein Maraitjie geweet wat sy wou word.  Reeds van Standerd 8 af tydens vakansietyd het sy by die Verre Oos-Rand Hospitaal in Springs gaan werk, want sy was ’n verpleegster in murg en been.

Nadat sy in 1960 Standerd 10 klaargemaak het, het sy begin verpleeg en te wel op Bethal.  Sy het vinnig uitgeblink as ’n staatmaker verpleegster.  In die kraamafdeling waar sy gewerk het, was sy elke keer in die kol met die geslag van ’n nuwe baba!  Sy onthou ook eenkeer toe sy en die portier ’n nuwe verpleegster wat vrek bang was, in die hospitaal se lykshuis toegesluit het.  “Die arme kind was van haar trollie af” lag sy.

Sy kan ook onthou hoe die jong Polisiemanne kom koffie soek het op ’n nagskof.  Dan kon die “nursies” darem die talent besigtig.  Maar dit was eers toe ’n jong saad-inspekteur met die naam Charles Krugel opgeneem word vir longontsteking dat Die Mother Teresa van Bethal haar hart verloor het.

Sy het onraad vermoed toe die bloeddruklesings wat sy geneem het van die jong man, baie hoër was as die lesings wat deur ander verpleegsters geneem was.  En 2 jaar daarna staan sy en Charles Krugel voor die kansel in Bethal.

Nadat hulle in Thabazimbi ‘n

Lees verder: Heidelberg se Helde - Tant Mary (Maraitjie) Krugel

Heidelberg Voortrekkers – Hou Koers Voorwaar !

Geskryf deur Lydia Rice - Heidelberg

Voortrekkers Foto 3Die Suikerbos Voortrekkerkommando se eerste kamp in 2011Die Voortrekkerbeweging hou steeds koers en ja, hulle hou steeds hul doel voor oë, naamlik om as kultuurbeweging vir die moderne Afrikaner, in besonder sy jeug, te bemagtig om as positiewe burgers en konsekwente Christene, suksesvol te wees in hulle roeping tot diens.

As jou kind nie deel is van Heidelberg se Suikerbos Voortrekkerkommando nie, is dit dalk tyd dat jy as ouer ‘n draai gaan maak en besef dat ‘n nie-Voortrekkerkind op oneindig baie uitmis.  Hier leer die jeug kultuur in die natuur, maar op ‘n avontuurlustige manier.  Hulle kry kans om knope te leer maak, vuil te word, berge te klim, staproetes te verken, in branders te roei, deur riviere te swem, in skuilings te slaap wat hulle self gebou het, rigting met behulp van sterre te vind of sommer net laataand om ‘n kampvuur te kuier.

Heidelberg is bevoorreg om oor ‘n sterk Voortrekkerkommando te beskik.  Een van die stigterslede, Dr Willem Sprong, was sy hele skoolloopbaan ‘n Voortrekker.  Hy was destyds ( Graad 1) deel van die Rocco Knobel Kommando in Kimberley.  In Matriek het hy die Presidents Erkenningstoekenning ontvang.

In 2010 het Dr Sprong die Suikerbos Voortrekkerkommando in Heidelberg begin.  Die eerste kamp is in Mei 2011 met 108 kinders en 24 volwassenes gehou.  Van daar het die kommando van krag tot krag gegroei.  Onlangs het Dr Sprong die leisels as Kommandoleier aan Dawie de Villiers oorhandig, maar is

Lees verder: Heidelberg Voortrekkers – Hou Koers Voorwaar !