Auto-Ren wen internasionale erkenning

Nog ʼn veertjie in die Auto-Ren Toyota hoed

Van Zyl Schultz

Om ʼn toekenning van Toyota Internasionaal te ontvang waar jy as een uit meer as 250 takke in Suid Afrika gekies was, wil gedoen wees.

Vir Barries en sy span by Auto-Ren Toyota in Heidelberg het die besonderse eer gekom na 2 jaar van harde werk. En te meer so die onderdele afdeling by Auto-Ren onder leiding van Werner Pheiffer, die onderdeel-afdeling bestuurder.

Die DPOK sertifikaat, ʼn gesogte toekenning van Toyota Internasionaal word toegeken aan Toyota Handelaars reg oor die wêreld. DPOK is ʼn program wat deur Toyota ontwerp en toegepas word vir die uitsonderlike bestuur van handelaars se onderdele-afdeling. Dit behels verskeie fasette van bestuur en kontroles om ʼn gehate onderdeel en diens aan kliënte te bied. Die program word oor ʼn periode van 2 jaar geïmplementeer en dan word daar kontroles gedoen om die toepassing deur die handelaars regoor die wêreld te oordeel.  

Die DPOK toekenning is op 11 Oktober by Auto-Ren in Heidelberg deur Toyota Suid-Afrika aan Werner en sy span oorhandig.

Anand Pather and Brent Mc Donald from Toyota South Africa presenting the achievement to Werner and his team.

Die SuikerbosRant wens Auto-Ren Toyota Heidelberg baie geluk met die internasionale toekenning.

Auto-Ren Toyota  – bykans 50 jaar reeds ikonies Heidelberg   

n Advertensie soos dit in 1984 in n plaaslike koerant verskyn het