Vir 46 Jaar al jou Toyota handelaar

Vir 46 jaar, sedert 1975, diens en herstel  Auto-Ren Heidelberg reeds Toyotas in en om Heidelberg.  Daarom is dit nie verbasend nie om te hoor dat kliënte eerder gesien word as vriende by die Toyota-handelaar op die hoek van Voortrekker- en Schoemanstraat in Heidelberg.  Met die huidige werkswinkel wat spog met 30 jaar ondervinding, weet jy sommer jou voertuig is in goeie hande.

Toyota Auto-Ren, sedert 1975 ikonies Heidelberg

Volgens Hannes Hendrikz, die diensbestuurder by Auto-Ren(vir 13 jaar) is die werkswinkel se diens flink en vriendelik.  Met gemotiveerde lede in sy span, diens en herstel hulle gemiddeld 20 voertuie per dag. 

Hannes en sy span gereed om jou Toyota te diens

Van die vriendelike ontvangs vroeg in die oggend tot die oorhandiging van jou sleutels laatmiddag verseker Auto-Ren Heidelberg gemoedsrus en tevredenheid sonder om jou beursie te skeur.

Al ry jy nie ʼn Toyota nie, diens en herstel die gedugte span by Auto-Ren Heidelberg ook alle ander fabrikate en modelle. Vir flink en vriendelike diens skakel  Auto-Ren Heidelberg by 016 341-6107.