Local bly die lekkerste

Met die nuus dat die McDonalds-groep oppad na Heidelberg is, om ʼn winkel hier te vestig moet Die SuikerbosRant lesers op die volgende wys. Ons dorp maak steeds die beste wegneemetes. ʼn Mens moet glo dis persoonlike aandag en jare se ondervinding wat jou daai lekker kossmaak gee.
Jy gaan steeds sonder al die blink liggies en groot advertensies die beste vis en chips, die smaaklikste hamburgers en by verre die lekkerste boereworsrolle, alles in Voortrekkerstraat, Heidelberg kry.

George Vergados – 31 jaar al eienaar van die College Cafe

Die College-kafee is ikonies Heidelberg. Vir 31 jaar berei George Vergados en sy familie die beste vis en skyfies voor. Met Tseleng in die kombuis en vars produkte van die mark kan jy gerus gaan inloer vir ʼn smaaklike ete. Dit gaan ook boonop nie die beurse láát traan nie. Vra vir marsala-sout op die skyfies – jy sal teruggaan vir meer.

Tseleng is baie trots op die lekker vis wat sy voorberei

Af in die straat langs die poskantoor by Heidelberg-plein is dit De Wet van die Grill King wat jou gaan bederf met die koning van hamburgers. Geen gefakste burger by die lekker eetplek nie. Smaaklik voorberei en met vriendelike diens, sal jy en jou gesin lekker smul. As jy kans sien, probeer die “Mountain Man Challenge” 1.4Kg burger wat op jou wag!

De Wet, eienaar van Grill King saam met bekende sanger Gerhard Steyn

Terug in Voortrekkerstraat na die kiosk by die Hervormde Kerk oorkant die Polisiestasie. Ontmoet hier vir Priscilla en haar man, Berti Stolz. Nadat COVID Berti se beroep ingesluk het, het hulle die kiosk by die kerk te huur gekry om die pot aan die kook te hou – letterlik.
Op Saterdae bedien Priscilla ʼn boerworsrolletjie. Moet jou nie misgis nie, hierdie rolletjie met haar geheime tamatiesous sal jou aandag trek. Dit is smaaklik op kole gebraai en met die vars rolletjie en lekkerste sous sal jy dit ʼn Saterdag-instelling maak.

Die Stolz gesien by die Kiosk – Jy moet eenvoudig Pricilla worsbroodjie kom proe op n Saterdag

Die SuikerbosRant raai lesers aan om ons plaaslike eetplekke en besighede te ondersteun. Dit hou ons dorp se ekonomie gesond en gee aan Heidelberg daardie unieke karakter wat dit so lekker maak om hiér te bly.