Donker strate kry verligting

Donker strate kry verligting

Donker strate kry verligting


Van Zyl Schultz
Die SuikerbosRant en Lesedi Plaaslike Munisipaliteit het ʼn samewerkingsooreenkoms van stapel gestuur waar inwoners van Die SuikerbosRant se WhatsApp-nommer gebruik kan maak om stukkende straatligte te rapporteer.
LPM het ʼn kontrakteur aangestel wat reeds besig is om klagtes oor dooie straatligte aan te spreek. Die SuikerbosRant het sowat 24 maande gelede ʼn soortgelyke inisiatief geloods met baie sukses en sien uit na die 2021-projek om donker strate weer verligting te gee.
Wat moet jy doen? So maak mens. Gaan staan langs die straatlig wat nie werk nie en neem ʼn “pin-location” met jou foon en WhatsApp dit aan 066 214 1913 met jou naam en van. Die SuikerbosRant stuur die inligting aan die kontrakteur en so word die probleem aangespreek.

Hou asb ingedagte dat die skaal van die probleem in Heidelberg enorm is, so as daar nie dadelik aandag gegee word nie, dit sal wel gebeur. Die SuikerbosRant sal weekliks met die kontrakteur vergader om vorderings te monitor en weer te gee.

Wilson en sy span besig met herstelwerk aan n straatlig in Pretoriusstraat

Inwoners word gevra om enige aktiwiteite by herstelde plae te rapporteer sodat ons saam die ligte kan aan hou.